Skip to content
Heuwilsig Logo

Wie ons is

Ons Roeping

Ons is geroep om soos lig te wees in die duisternis. God se lig moet mense saambring – mense van naby en ver.

Die simboliek in Heuwelsig Gemeente se roeping:

Water: Oorsprong van ons roeping

  • Ons is aan God verbind deur die doop.
  • By die doopvont belowe God om met ons te wees en dat ons aan Hom behoort.
  • Ons pad begin en eindig by God (die bron van Lewende Water, die water van die Ewige Lewe).

Tafel: Gasvryheid

  • Rondom die tafel is almal welkom.
  • Jesus se liggaam is gebreek – daar is dus ruimte vir gebrokenes.
  • Jesus se liggaam staan sentraal –
    Ons is Christus se liggaam, en Christus moet deur ons sigbaar wees.

Lig: Ons bediening

  • God/Christus is die Lig
  • Ons is geroep om lig in die duisternis te wees.
  • Lig is hoop – ons is dus geroep om hoop te bring.
  • Lig nooi uit – “Kom sien en hoor!”
  • Lig stuur uit – “Laat skyn jou lig vir die nasies.”




© 2026 Heuwelsig Gemeente